Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/09/2008

Harders en kreef / Mullet and lobster

Maak 6 harders skoon (maar moenie oopsny nie), dit is nou die skubbe en haal die dermpie van agter af uit, was mooi skoon.

Sny nou die kreefstert, nadat dit skoongemaak is, in so 3 cm lange stukkies (een kreef behoort genoeg te wees vir 6 harders).
Druk nou die kreef saam met knoffelbotter binne in die harder in (moet nooit margerin met enige seekos gebruik nie-dit is aaklig).
Rol nou die harders in 'n sout- en swartpepermengsel.
Braai oor matige kole vir so 5 tot 10 minute.

Eet saam met patattas, tuisgemaakte brood en vye jam (konfyt klink so upstairs).

Gebruik 'n lekker bottel bukketraube wyn van Swartland saam.

bydrae: Johan Lotter

Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.



(foto: Joe Shlabotnik)

No comments :

Post a Comment