Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/15/2008

Karamel filet / Caramel Steak

(bedien 6 persone)

Vir ses persone het jy ses filette of lendeskywe nodig. Die filette moet 4 cm dik wees.

Verder het jy nodig 2 eetlepels bruinsuiker, varsgemaalde swartpeper, 30 g botter en sout. Gebruik 'n kwaliteit sout soos Maldon.

Plaas die filette tussen twee blaaie waspapier en kap dit een derde dunner met 'n houthammer. Gebruik sommer jou koekroller indien jy nie 'n vleishammer van hout het nie.
Maal die swartpeper oor beide kante en plaas eenkant.

Verhit 'n swaarboompan tot dit skroeiend warm is. Toets dit met 'n paar suikerkorrels. As die suiker dadelik in 'n rookwolk verdwyn is jou pan reg.
Strooi een eetlepel suiker op die pan. Sodra dit na enkele sekondes begin swart raak gooi jy die helfte van die botter by.
Braai drie filette hierop. Een minuut aan elke kant vir rare to 2 minute vir well done. Indien jy die steak langer as een minuut aan elke kant braai moet jy dit meer gereeld draai.
Doen nou dieselfde met die oorblywende suiker, botter en filette.

Wanneer die filette uit die pan kom sprinkel jy bietjie sout oor elkeen en plaas hulle op 'n bord in 'n oond wat tot 75ºC verhit is. Los die filette vir 5 minute in die oond. Hulle sal net genoeg sous vrystel.

Bedien die filette saam met fynaartappels / kapokaartappels wat jy fyndruk saam met geroosterde knoffel en 'n slaai wat slegs bestaan uit 'n verskeidenheid slaaiblare en kruie van jou keuse.



Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.

No comments :

Post a Comment