Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/15/2008

Karibiese hoenderkerrie / Caribbean Chicken Curry

12 stukke hoender
45 ml olyfolie
2 uie, opgesny
10 ml gerasperde gemmer
30 ml kerriepoeier
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
1 blikkie (380g) Nestlé Ideal Ingedampte Melk
20 ml meel
250 ml water
30 ml sultanas
gedroogde klapper

Verbruin die hoender in die olie.
Verwyder die hoender uit die pan en braai die uie, knoffel en kerriepoeier saam.
Voeg die meel by en kook nog 1 minuut lank.
Roer die ingedampte melk en sultanas by.
Bring alles tot kookpunt en plaas die hoender terug.
Verminder die hitte, bedek en laat prut vir 30 minute tot die hoender gaar is.

Bedien met die klapper.

No comments :

Post a Comment