8 koppies springmielies, hou dit warm in 'n oond teen 90°C
kwart koppie botter
1 teelepel vanielje
derde koppie goue stroop
1 koppie suiker
'n halwe teelepel sout
Plaas die botter, stroop, suiker, 'n derde koppie water en die sout in 'n dikboom kastrol en verhit stadig tot kookpunt terwyl jy dit aanhoudend roer.
Hou op met roer en laar kook tot jou stroop reg is ('n teelepel stroop in 'n glas water sal dadelik verhard en stukkies vorm - 133°C).
Verwyder die kastrol van die plaat en roer die vanielje by.
Meng die stroop met die springmielies.
Laat alles effe afkoel.
Smeer jou hande met botter en maak balletjies. Hierdie mengsel sal jou ten minste 12 balletjies gee.
Laat die balletjies op waspapier verhard.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
7/16/2008
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment