Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/21/2008

Kerriemarinade vir die braai / Curry Marinade

Hierdie resep was een van my gunstelinge, ek onthou my pa wat dit braai elke Sondag vir middagete. Ek wil graag hierdie resep aan hom en aan julle opdrae. Balla (dus wat ons hom genoem het), rus in vrede ...

Hierdie resep is uitstekend vir hoender marineer maar jy kan dit ook op vleis gebruik.

1 ui, fyn gerasper in bak met deksel
1 1/4 koppie swart asyn
3 lepels suiker
2 lepels borrie
1/2 koppie Mrs.Balls Chutney
1 groen rissie, opgekap met pitte
2 lepels Cartwright ekstra sterk poeier
1 bay leave (loerierblaar)
2 naeltjies
Meng alles saam in bak met verseëlbare deksel, todat mengsel 'n dikkerige vorm aanneem. Proe gerus en voeg nog suiker by om soet / suur te balanseer.
Maak hoender / vleis skoon en maak snye in sekere dele. Sout en pepper hoender / vleis en plaas in marinade. Werk marinade deeglik in en bedek met deksel en plaas in yskas.
Resep kan die aand vooraf gedoen word en sodoende genoegsame marinering verkry ... of dit kan 2 ure voor braai gedoen word.

Braai :
Draai die hoender / vleis gedurig om aanbrand van marinade te voorkom. Gebruik die marinade om dit te drip oor die hoender / vleis vir ekstra pikantheid.
Geniet, dit is 'n heerlike marinade wat gou aan jou sal groei.

Resep: Ashley Petersen

No comments :

Post a Comment