Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/21/2008

Sjokolade lawakoek / Chocolate lava cake

200 g ongesoute botter, in blokkies gesny
200 g donker sjokolade, grof gekap
30 ml brandewyn
4 eiers en 4 eiergele
250 ml suiker
125 ml meel
kakao

Smeer muffinpanne met botter en besprinkel met kakao.
Verhit die oond tot 180°.
Smelt die botter, sjokolade en brandewyn saam oor lae hitte vir 2 minute.
Klits die eiers en suiker saam tot dik.
Vou die sjokolade by die eiermengsel.
Sif die meel by die mengsel.
Gooi in pannetjies en bak vir 20 minute. Die oppervlakte moet ferm wees en die binnekant vloeibaar.
Laat staan vir 10 minute in die panne voor jy dit uithaal.

Resep: Charlene

No comments :

Post a Comment