Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/11/2008

Volkoringbrood / Wholewheat bread

1 kg volkoringmeel
60 g sonneblomsaad
60 g rou lynsaad
50 ml bruinsuiker - sugerlite
2 pakkies gis
20 ml margarien
1 liter louwater
125 ml rosyntjies

Meng al die droë bestanddele saam en voeg gis by.
Vryf margarien met vingerpunte in meel in. Voeg genoeg louwater by om 'n sag klewerige beslag te vorm.
Meng goed vir 10 minute. Voeg rosyntjies in en meng dat dit eweredig versprei. Sit in 1,5 liter broodpanne Bedek met gesmeerde plastiek en los op warm plek om te rys tot dubbel die grootte. Besprinkel brode met sonneblomsaad en bak vir 50 minute teen 190°C.



bydrae: Petro van der Westhuizen

(foto: Riana Abasari)

No comments :

Post a Comment