Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/16/2008

Malvapoeding / Malva Pudding

Die malva in malvapoeding verwys na die sous van malvesyn wat vroeër saam met die poeding opgedien is. Malvesynwyn was 'n beroemde soet, aromatiese en gefortifiseerde witwyn in die middeleeue.

200 g suiker
2 eiers
15 ml appelkooskonfyt
150 g meel
5 ml bakpoeier
'n knippie sout
15 g botter
5 ml asyn
100 ml melk

Sous: 200 ml room
100 g ongesoute botter
150 g suiker
100 ml kookwater

Klits die eiers en suiker saam tot dik is.
Voeg die appelkooskonfyt by.
Sif die meel, sout en bakpoeier saam.
Smelt die botter en roer die asyn by.
Roer die bottermengsel en melk by die eiermengsel en voeg ook die meel by. Klop goed en bak teen 180°C. vir 45 minute.

Smelt die bestanddele vir die sous saam en gooi oor die poeding.


No comments :

Post a Comment