Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/30/2008

Mieliesop / Corn Soup

(bedien 4)

2 patats, geskil en in blokkies gesny
2 liter aftreksel (groente / hoender)
1 bottel bier
10 ml fyngemaalde komyn
1 loerierblaar
1 ui, fyn opgesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
olyfolie
1 blikkie sweetcorn (geroomde mielies)
2 rissies, pitte verwyder en fyn opgesny
500 ml melk
125 ml room
450 g Cheddar, gerasper
vars gekapte koljander
sout en varsgemaalde swartpeper

Braai die uie, rissie en knoffel in olyfolie tot sag in 'n lekker swaarboom soppot of drukkoker (sonder sy deksel natuurlik).
Kook die patats sag in helfte van die aftreksel, die bier, die komyn en die loerierblaar. Verwyder die loerierblaar wanneer die patats sag is.
Voeg die patats, die res van die aftreksel en die mielies by die uie en knoffel.
Roer die melk en room geleidelik by terwyl dit liggies kook - 15 minute.
Voeg die kaas by (maak seker jou sop is deurwarm) en bedien met vars koljander bo-op.

bydrae: Anda Nieuwoudt

No comments :

Post a Comment