Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/24/2008

Mosbolletjies

4,5 kg meel
500g rosyntjies
500g botter
2 eetlepels anyssaad
4 koppies suiker
1 koppie lou water
3 pakkies droë gis
1 eetlepel sout
Stamp die rosyne stukkend.

Kook dit 10 minute lank in 6 koppies water en laat afkoel tot dit lou is.
Meng 'n halwe koppie lou water met die gis en voeg dit by die rosyntjies. Laat dit op 'n warm plek staan tot die rosyntjies na bo dryf (24 - 36 uur).
Syg die vloeistof deur 'n gaasdoek en gebruik as suurdeeg.
Roer 4 koppies meel by die vloeistof tot dit glad is. Laat 4 uur op 'n warm plek staan.
Smel die botter en meng dit met die res van die meel, die suiker, sout, anyssaad, suurdeegmengsel en genoeg warm water om 'n stywe deeg te vorm.
Knie die deeg vir ten minste 1 uur lank tot dit egalig is.
Maak die deeg goed toe en hou op 'n warm plek. Laat dit oornag staan. Dit sal verdubbel.
Vorm bolletjies van die deeg en sit dit teen mekaar in gesmeerde panne.
Laat hulle op 'n warm plek rys tot dit verdubbel het en smeer met die geklitste geel van 'n eier gemeng met 'n bietjie suiker en melk. Bak een uur lank in 'n warm oond.


3 comments :

  1. WAAR KAN EK ASYNSAAD KOOP?

    ReplyDelete
  2. Izone,

    Die meeste groot supermarkte soos Pick 'n Pay en Checkers het anyssaad. Kyk in die kruieafdeling.

    ReplyDelete
  3. Asynsaad?! Bhahahaha

    ReplyDelete