Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/29/2008

Olifant vir ete

In my soeke na die oorsprong van kos het ek afgekom op 'n boek geskryf deur deur Alexis Soyer (1809 -1859). In hierdie boek beskryf hy nogal in redelike detail die oorsprong van kos en hy gee ook ´n paar resepte van hoe om sekere soorte voedsels gaar te maak. Graag sou ek van die resepte wou weergee maar die kruie en speserye wat hulle gebruik is onbekend en sal nie eintelik sin maak nie.

Die Amerikaners en veral die mense van Texas af is geneig om te dink dat alles groter en beter is by hulle. In die boek van Alexis Soyer word iets beskryf wat groter en beter is hier in Suid-Afrika en dit is die gaarmaak van olifante. Hier volg Alex Soyer se beskrywing van die gaarmaak van olifante.

Sekere nomadiese volke van Asia en Afrika is glo versot op die smaak van gebraaide olifante. Die Egiptenare het sover gegaan om hierdie delikatesse in die hande te kry dat Koning Ptolemy Philadelphus hulle verbied het deur streng wetgewing om olifante te jag. Dit het hulle egter nie afgesit nie. Al wat die wet veroorsaak het was dat die olifant se vleis nog ´n groter aantrekkingskrag vir hulle gehad het.

In sekere barbaarse volke het hierdie smaak ook byval gevind. Le Valliant, ´n gesoute reisiger vertel die eerste keer toe hy die eerste keer ´n olifant se slurp geëet het wat deur die Hottentotte aan hom voorgesit is. Hy het besluit dat dit nie die laaste keer is wat hy die vleis gaan eet nie aangesien dit die mees eksotiese smaak is. Sy voorliefde is egter vir die voet van die olifant.

Le Valliant skryf soos volg:

"Hulle sny die vier voete van die olifant af. Daarna het hulle ´n gat in die grond gemaak van ongeveer 3 vierkante voet. Hierdie gat is gevul met houtskool en bo die houtskool is droë hout gesit. Die vuur was heelaand aan die gang gehou. Wanneer die Hottentotte gedink het dat die gat warm genoeg is gedurende die nag, het hulle die gat leeg gemaak. Binne in die gat is die vier pote van die Olifant gesit. Die gat is gevul met warm as, houtskool en droë takke. Die vuur is aan die gang gehou tot die volgende oggend."


Hier skryf Le Valliant dat hy die volgende oggend deur sy bediendes bedien is met vleis. Hy gaan aan om te beskryf dat nadat hy die reuk gekry het hy nie vinnig genoeg die vleis kon proe nie. Sy slotopmerking is dat hy nie kon verstaan dat ´n dier so groot en lomp, so ´n delikate en fyn smaak voortbring nie. Hy noem ook dat die Hottentotte die ander dele van die dier ook gaargemaak en geëet het.

Dit is seker nie baie van ons se wens om gebraaide olifantvoet te eet nie. Maar dit is seker ´n ondervinding wat nie baie gou vergeet sal word nie. Soos op die afgelope ATKV se kongres is daar ´n krokodil gebraai. Hulle sê nie hoe dit geproe het nie. Miskien sal ek eendag waagmoed kry om olifant of krokodil te eet. Miskien sal daardie moed kom wanneer ek ´n bietjie baie van Noag sy wyn in het.

- Frik Lombard

No comments :

Post a Comment