Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/09/2008

Pannekoek met feta en spinasie / Pancake with feta and spinach

Pannekoek:
2 koppies koekmeel
2 eiers
1 teelepel bakpoeier
sout
water
olie

Klits alles saam totdat dit glad is. Bak pannekoeke en plaas in 'n bak, maar maak toe.

Feta en Spinasie:
spinasie
fetakaas, growwe stukke
spek (bacon)
cheddarkaas
grasuie, gesnipper
uie

Braai die uie en bacon tot lekker bruin.
Gooi die spinasie by en braai tot gaar.
Gooi feta by en braai net effens (hou bietjie oor).
Plaas die vulsel in die pannekoeke en rol op, sit 'n paar stukkies van die oorblywende feta ook in die pannekoeke.
Maak so tot al die pannekoeke gevul is. Plaas in 'n opdienbak, strooi kaas en grasuie oor en rooster in die oond kort voor opbediening net tot die kaas gesmelt is.

bydrae: Baby Britz



Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.

No comments :

Post a Comment