Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/09/2008

Pienangkerrie / Phanaeng Curry / Panang Curry / Penang Curry

Pienangkerrie is 'n klassieke Suid-Afrikaanse dis. Dit is 'n droë kerrie, gebaseer op die Maleisiese phanaeng-kerrie.

Die kerrie, gewild onder die Moslem gemeenskap in die Kaap, is vernoem na die staat Penang in Maleisië.

1 kg skaaptjops
40 ml olie
sout en vars gemaalde swartpeper
200 ml vleisaftreksel
2 uie, gekap
6 knoffelhuisies, gekneus
2 brandrissies, pitte verwyder en fyngekap
10 cm vars gemmer, geskil en gerasper
2 kaneelstokkies
2 lourierblare
4 heel naeltjies
4 wonderpeperkorrels
5 ml koljandersaad
30 ml kerriepoeier
10 ml borrie
30 ml bruinsuiker
30 ml appelkooskonfyt
80 ml suurlemoensap

Verhit die olie in 'n braai die vleis tot dit goudbruin, bietjie vir bietjie.
Skep al die vleis terug in die kastrol, geur met sout en swartpeper en gooi die vleisaftreksel by. Verhit tot kookpunt, sit die deksel op en prut oor matige hitte vir 2½ uur.
Haal die kastrol van die plaat af en laat die vleis afkoel.
Sit die kastrol oornag in die yskas.
Verwyder die vetlagie bo-op die volgende dag en vlok die vleis van die bene af.

Braai die uie in dieselfde kastrol tot sag en deurskynend. Maak die knoffel, brandrissies, gemmer, kaneelstokkies, lourierblare, naeltjies, wonderpeper en koljander in 'n stamper en vysel fyn en gooi die mengsel saam met die masala, borrie, bruinsuiker en die konfyt by die uie. Braai vir 'n vyf minute. Gooi die suurlemoensap en vleis by en roer deur. Prut dit totdat die vleis deurwarm is.

Sit voor met basmatirys.


bydrae: Alta Stuurma


Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.

No comments :

Post a Comment