Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/09/2008

Ratatouille

Ratatouille, ook bekend as ratjietoe, is 'n tipiese Provensaalse gereg wat bestaan uit 'n mengsel van gestoofde groente. Die woord ratatouille is afgelei van die Franse woord touiller, wat beteken om te meng. Wat volg is 'n klassieke resep vir die gereg wat in 2007 die gewildste gereg op die Net was. Let net daarop dat die puriste die groente apart kook voor hulle dit saam kook.

6 murgpampoentjies, in skywe gesny
2 uie, in stukke gesny
3 groen soetrissies, sade verwyder en in repe gesny
6 tamaties, afgeskil, sade verwyder en in 6 stukke gesny
3 knoffelhuisies, fyn opgesny
6 eiervrugte, geskil en in ronde skywe gesny
125 ml olyfolie
sout en peper
vars tiemie

Verhit die olie in 'n swart pot en verbruin die eiervrug.
Voeg die soetrissies, tamaties, uie, murgpampoentjies en knoffel by. Geur nou met 'n handvol tiemie en sout en peper. Kook oor lae hitte vir 30 minute.
Sodra die groente sag en romerig is kan jy dit bedien.

Dit moet stomend warm wees wanneer jy dit opdis.

No comments :

Post a Comment