Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/22/2008

Pikante aarbeikonfyt / Strawberry Jam

500 g aarbeie, skoongemaak en in kwarte gesny
¼ koppie suurlemoensap
2 koppies strooisuiker
2 eetlepels Grand Marnier (lemoenlikeur)

Kook die aarbeie en suurlemoensap onbedek in die mikrogolf vir 5 minute op 100% krag.
Voeg die suiker by en roer tot die suiker opgelos is.
Kook alles onbedek teen 100% krag vir 15 minute of tot die konfyt begin stol. Roer 3 keer gedurende die 15 minute.
Gooi die likeur saam met die konfyt in gesteriliseerde flesse en draai toe terwyl dit nog warm is.

Resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment