1 blik slakke, water afgegooi
knoffel (genoeg)
tiemie (genoeg)
swartpeper na smaak
sout na smaak
botter
Vars room
Braai die slakke vir ongeveer 5 - 7 minute in botter, voeg die knoffel by en braai nog so 1 - 2 minute.
Voeg speserye by.
Voeg dan die room by en skakel die plaat af. (Indien die room nie dik word nie kan jy bietjie mezina byvoeg)
Skep in bakkies en bedien met bruinbrood.
Vir meer informele etes skep al die slakke in 'n groot opskepbak gooi, gerasperde gouda kaas bo-oor en plaas in oond totdat die kaas gesmelt het.
Resep: Riëtte Diedericks
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment