Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/08/2008

Roomsnoek / Creamed Pike

Neem "heavy foil" en vorm 'n 'bak' groot genoeg vir die porsie snoek wat gaargemaak moet word. Neem 'n halwe ui en halwe greenpepper en snipper. Gooi dit in die foil bak en stip met botter. Geur met sout en vars swartpeper. Sit die snoek met velkant na onder bo-op die gekapte uie en greenpepper. Neem die ander helfte van die ui en greenpepper en snipper saam met vars sampioene. Strooi dit oor snoek en geur met sout, vars swartpeper en hoenderspeserye. Stip weereens met botter. Gooi vars room bo oor en braai stadig oor kole. Vyf minute voordat die snoek afgehaal word, rasper 'n bietjie cheddarkaas bo-oor en bedien warm.

bydrae: Michael Coetzee

No comments :

Post a Comment