Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/08/2008

Ryk witbrood / Rich white bread

2,5 kg meelblom
50 ml gis - Moet ± 4 koekies suurdeeg wees
250 ml louwarm water
5 ml suiker
740 ml kookwater
120 g margarien
30 ml sout
400 ml melk
4 eiers

Plaas meelblom in mengbak, voeg warm vloeistowwe by en dan melk.
Voeg suurdeeg by wat gemeng is met 5 ml suiker. Knie liggies tot alles gemeng is en voeg al die ander bestanddele by en knie GOED! Die deeg moet elasties wees.
Smeer skoon mengbak met bietjie olie plaas deeg daarin. Smeer bietjie olie bo-op.
Stel oond op 5°C vir ± minuut. Plaas deeg daarin en laat rys.
Draai oond na ± 35 °C Los vir 1½ uur. Dit moet mooi uitrys. Die volume moet verdubbel.

Knie nou af en maak ses medium brode.
Plaas in gesmeerde broodpanne en laat wees rys tot dubbel die grootte ± 45 minute. Bak dan in oond van 200°C vir 20 minute en draai dan oond na 180°C en bak dan vir 30 minute.

Keer uit en laat afkoel.

bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment