'n halwe pak pasta - fettucini
1 pak spek
200 g ham
1 houer sampioene
200 g salami
250 ml room
1 teelepel meel
bietjie water
250 ml melk
aromat
peper
eetlepel knoffel
50 g botter
Smelt die botter in 'n pan en braai die uie tot sag.
Gooi die spek, ham, sampioene, salami en knoffel by en braai tot gaar.
Gooi melk bietjies bietjies by en laat kook.
Gooi aromat en peper na smaak by.
Meng meel met water en gooi by om die sous dik te maak.
Laat vir 20 minute prut en voila ...
bydrae: Roudene Slabbert
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment