Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/15/2008

Soutribbetjie / Ribs

Kyk, vir die ding om te werk het jy 'n skaapribbetjie nodig, ek werk hom so 1½ kg per goeie eter, maar moet nou nie die grootste skaap in die Karoo se ribbes loop afvat nie. Jy soek vir jou daai sensitiewe skaapkind met die lekker dun ribbetjie wat sommer so deursout gaan word.

Nou meng jy so 'n groot lepel bruinsuiker met 'n koppie growwe sout en so 'n knippie salpeter. Vryf daai ribbetjie nou soos 'n ou verlore girlfriend met al die soutigheid.
Dan sit jy die rib in jou kleipot en met die in jou yskas en vergeet van hom vir 2 dae.

Op die derde dag haal jy hom uit en loop hang hom in die waenhuis tot hy lekker winddroog is.

Sit die gedroogde ribbetjie in 'n groot pot en maak die pot vol koue water. Kook die storie nou stadig vir so 2½ uur. Haal dit uit die pot en laat lê tot die meeste water af van sy lyf is.

Nou vat jy vir hom braai toe. Braai hom soos jy voel, maar na die tyd spat jy hom so liggies nat met suurlemoensap.

Jou vrou gaan weer lief wees vir jou en jou vriende gaan met meer respek na jou kyk as na die dominee. Dié is nie net 'n wenner nie, dis 'n wêreldbekerwenner!


bydrae: Jan Braai

No comments :

Post a Comment