Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/08/2008

Sampioen pasta / Mushroom Tagliatelle

10 ml appelasyn
die sap en gerasperde skil van een suurlemoen
5 ml mosterd
100 ml olyfolie
20 ml vars basiliekruid, opgesny
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
250 g sampioene, dun gesny
500 g tagliatelle
50 ml gerasperde Parmesan

Meng die asyn, suurlemoensap en mosterd.
Voeg die olie met 'n dun straaltjie by, terwyl jy die mengsel klop tot alles goed gemeng is.
Voeg die suurlemoenskil, basilie, knoffel en sampioene by. Laat alles marineer vir 1 uur.
Kook die pasta volgens aanwysings op die pakkie.
Voeg die sampioenmengsel by die pasta.
Voeg ook Parmesan, sout en varsgemaalde swartpeper by.

(bedien 4 persone)

bydrae: Jackie van Rooyen



(foto: QVRP)

No comments :

Post a Comment