Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/07/2008

Tagliatelle con Ragù alla Bolognese (Emilia-Romagna) / Tagliatelle met Bolognese-sous

Hierdie is dié ragù vir tagliatelle. Dit staan ook bekend as Emilia-Romagna, die naam van die streek waar dit oorspronklik vandaan kom. Volgens legende was 'n edelman se liefde vir Lucrezia Borgia (buite-egtelike dogter van Pous Alexander VI) se hare die inspirasie vir die dis. Emilia-Romagna is ook die naam van 'n wynstreek in Italië met bekende plekke soos Sangiovese, Lambrusco en Albana.

Gebruik maer vleis anders bederf jy die sous. Sny jou vleis op, moet dit nie maal nie.

Baie fyn opgesny in die resep beteken niks groter as die "o" nie - gebruik 'n voedselverwerker en gebruik die pols funksie.

(bedien 6)


60 ml ongesoute botter
180 ml olyfolie (extra virgin)
60 g pancetta, baie fyn opgesny
30 g prosciutto, baie fyn opgesny
30 g mortadella, baie fyn opgesny
60 ml gedroogde porcini sampioene, geweek in louwarm water vir 15 minute, afgespoel, gedreineer en baie fyn opgesny
1 ui, baie fyn opgesny
1 knoffelhuisie, baie fyn opgesny
1 wortel, afgeskil en baie fyn opgesny
1 selderystingel, baie fyn opgesny
40 ml pietersielie, baie fyn opgesny
125 g maer lendeskyf (sirloin), baie fyn opgesny
125 g maer vark lendestuk, baie fyn opgesny
125 g pound maer kalfslendeskyf, baie fyn opgesny
2 hoenderlewers met die membrane verwyder, baie fyn opgesny
125 ml droë rooiwyn
¼ koppie tamatiesous
20 ml water
¼ koppie vleissop
sout en varsgemaalde swartpeper
'n knypie neutmuskaat
125 ml room
500 g tagliatelle

Smelt die botter saam met die olyfolie in 'n swaar pan oor medium hitte en kook die pancetta, prosciutto en mortadella tot die pancetta sag is, so 10 minute. Roer nou en dan.

Voeg die ui, porcini, wortel, knoffel, seldery en pietersielie by en kook tot die groente van kleur begin verander, ook so 10 minute. Roer soos nodig.

Voeg die vleis en lewer by en verbruin vir 10 minute.

Draai die hitte hoër en voeg die wyn by. Sodra die wyn weggekook het draai jy die hitte af en voeg die tamatiesous en vleissop by. Voeg ook die sout, peper en neutmuskaat by. Bedek en prut vir 2 ure.
Voeg die room by en prut 'n verdere 10 minute.

Kook die tagliatelle volgens aanwysings en sorg dat dit net gedreineer en in die skottel is wanneer die ragù gereed is. Skep die ragù op die tagliatelle en bedien dadelik.


Jy kan die ragù vir 4 maande vries.

(foto Erich Ferdinand)

No comments :

Post a Comment