Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/07/2008

Taramasalata

Taramasalata is 'n Griekse patee gemaak van viseiers. Die hoof bestanddeel, Tarama, is gerookte viseiers. Normaalweg is dit eiers van 'n kabeljou of harder.

75 g gerookte viseiers
4 snye dik witbrood met die korsie verwyder
80 ml melk
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
150 ml olyfolie
60 ml suurlemoensap
varsgemaalde viseiers

Plaas die viseiers in 'n voedselverwerker en meng tot glad.
Week die brood in die melk vir 'n paar minute en voeg saam met die knoffel by die viseiers. Meng weer.
Terwyl die menger aan is drup jy die suurlemoensap en olyfolie om die beurt by. Gooi ook twee draaieswartpeper in.

Bedien met pittabrood.

Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.


No comments :

Post a Comment