Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/08/2008

Tamatie-en-kaaspasta / Tomato and cheese pasta

500 g penne, gekook volgens die aanwysings op die verpakking
5 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
60 ml vars origanum, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
twee blikke fyngekapte tamatie met knoffel en origanum
250 g roomkaas
een bossie sprietuie, opgesny
250 ml vars gerasperde parmesaan
250 ml vars gerasperde cheddar

Braai die knoffel in die olie oor matige hitte.
Voeg die tamatie, origanum en sout en peper by en laat prut stadig vir 15 minute.
Voeg al die kase, sprietuie en pasta by en laat nog twee minute prut.

Bedien met Franse brood en 'n groenslaai.

(bedien 6 persone)

No comments :

Post a Comment