Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/08/2008

Vanilla koek / Vanilla Cake

Vir die koek het jy nodig:
500 ml strooisuiker
4 groot eiers
250 ml olie
5 ml vanilla-geursel
750 ml meel, gesif
15 ml bakpoeier
250 ml melk
klapper

Vir die sjokoladeversiering het jy nodig:
500 ml suiker
250 ml kookwater
45 ml kakaopoeier
15 ml botter of margarien

Koek:
Klop die strooisuiker en eiers in 'n menger tot dit lig en donsig is
Voeg die olie en vanilla-geursel by.
Voeg die gesifte meel en bakpoeier alternatiewelik by met die melk.
Gooi die mengsel in 'n plat koekpan en bak by 180ºC vir 25 - 30 minute of tot die koek goudbruin is.
Laat afkoel en sny in blokkies.

Sjokoladeversiering:
Verhit die suiker, kakao, botter en water tot dit begin borrel.
Laat afkoel en doop die vierkantige stukkies koek in die sous en rol in die klapper.


bydrae: Natasha Ferreira

1 comment :

  1. Hi julle, ek wil graag hoor, hierdie koek hoeveel blokkies maak hy en hoe groot is hy? Hoekom ek vra is, ek is opsoek na 'n koek resep wat ek dubbeld tot tenminste 3keer kan maak. Dit is vir 'n klaspartytjie vir 28kids plus onderwyser en dalk nog so 2-3ekstra persone by. Asb.

    ReplyDelete