Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/25/2008

Worchestershire-sous / Worchestershire Sauce

Lorraine Farrell woon in Noord-Ierland het hierdie resep ingestuur. Dit was haar ouma se resep en is baie oud.

Jy het 'n 5 liter houer nodig vir die onderstaande hoeveelhede.

2 blikkies niertjiebone 1 bottel sojasous
1 teelepel knoffelpoeier
1 blikkie sardyne in olie
6 appels, geskil en in kwarte gesny
bruinasyn
1 ui, gesny
3 eetlepels gemaalde naeltjies
2 eetlepels borrie
2 eetlepels neutmuskaat
3 eetlepels allspice (wonderpeper)
3 eetlepels koffie
2 teelepels gedroogde rissie
4 eetlepels goue stroop
6 eetlepels sout
3 eetlepels aangemaakte mosterd
1 eetlepel suiker

Druk die bone fyn en gooi in jou houer saam met die sojasous en knoffelpoeier.
Druk die sardyne fyn saam met 'n bietjie asyn en gooi in die houer.
Plaas die appels in 'n pot en gooi genoeg asyn in om die appels net te bedek. Gooi die uie, naeltjies, borrie, neutmuskaat, allspice en koffie by. Bring tot kookpunt en prut dan vir 2 ure. Soos die asyn verdamp vul jy dit op met helfte water en helfte asyn sodat die appels bedek bly. Roer af en toe om te keer dat die appels aanbrand.
Verwyder van die hitte en verwerk tot glad. Jy kan 'n voedselverwerker gebruik. Voeg ag koppies van die mengsel in die houer.
Voeg die rissie, stroop, sout, mosterd en suiker by die ander bestandele in die houer.
Vul die houer op met asyn.
Laat staan die houer in 'n koel donker plek vir 3 dae.
Gooi die mengsel deur 'n sygdoek en maak glasbottels vol met die sous. Laat dit vir 8 maande staan voor gebruik. Skud die bottels een of twee keer per maand.


No comments :

Post a Comment