2 eetlepels olyfolie
1 groot, uie baie fyn gekap- uie wat in die mikrogemaak word moet altyd baie fyn gekap word
1 knoffeltoontjie, gekneus
1 rooi soetrisse, fyn gekap
130 g verroomde suikermielies
2 teelepels vars oregano en / of basilie
2 medium aartappels, dun gesny
6 eiers geklits
½ koppie melk en of dun room
2 teelepels vars tiemie, gekap
½ koppie cheddar kaas, gerasper
Smeer 2 liter glasbak met bietjie botter. Meng eiers en melk. Meng olie, uie, knoffel en soetrissie in plastiek bakkie en kook vir 3 minute, bedek op hoog - 100% Meng in mielies en kruie. Pak helfte van aartappels in glasbak en gooi uiemengsel oor. Pak res van aartappels oor. Gooi oor eiermengsel. Bak op onbedek - medium 70% - vir 20 minute. Sprinkel met tiemie en kaas. Kook vir nog 8 minute op medium tot kaas gesmelt het. Laat rus bedek vir 5 minute.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
8/07/2008
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment