125 g roomkaas
175 ml jogurt
½ Engelse komkommer
15 ml suurlemoensap
15 ml gelatien
125 ml hoenderaftreksel
sout
witpeper
Sous:
250 ml jogurt
30 ml mayonnaise
sout
witpeper
30 ml varsgekapte dille
Klop die kaas en jogurt saam tot dit glad is.
Rasper die komkommer en voeg saam met die suurlemoensap by die kaasmengsel.
Sprinkel die gelatien oor die aftreksel en roer tot dit opgelos is. Gooi by die komkommermengsel en roer goed.
Proe vir sout en peper.
Gooi in jou vorm/s en plaas in die yskas tot dit gestol is.
Vir die sous meng bloot al die bestanddele goed saam.
Vir opdiening gooi jy die sous in 'n bordjie en plaas dan die gestolde mousse daarin. Garneer met komkommer.
Gebruik dit as 'n bykos of bedien dit as 'n vingerete saam met beskuitjies of roosterbrood.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment