Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/04/2008

Boeboer / Boeber

'n Lieflike Kaapse nagereg.

1 liter melk
1 stuk pypkaneel
5 kardamon sade
100 ml sultanas
50 ml amandels, geblansjeer en gekap
20 ml sago geweek in 50 ml water
100 g vermicelli

Verhit die melk, kaneel en kardamon tot kookpunt.
Voeg die amandels, sultanas, sago en vermicelli by.
Kook stadig oor lae hitte tot die sago deurskynend is en die vermicelli sag.
Roer gereeld en voeg nog melk by indien dit te dik is na jou sin.
Verwyder die kardamon voor opdiening.

No comments :

Post a Comment