Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/04/2008

Uiesop / Onion Soup

Hierdie is 'n tradisionele resep.

6 uie, in skywe gesny
2 liter aftreksel
250 ml witwyn
¼ koppie botter
½ koppie gerasperde cheddar
6 snye gebotterde roosterbrood.

Braai die uie in die botter tot deurskynend.
Gooi die aftreksel by, sit die deksel op en laat dit prut tot die uie baie sag is.
Voeg die wyn, sout en peper by. Bring tot kookpunt.
Sit die pot in die oond en laat die roosterbrood bo-op dryf. Sprinkel die kaas oor die brood. Rooster nou die spulletjie tot die kaas goudbruin word.
Indien jy, soos oupa, 'n skoot sjerrie voor opdiening in elke bakkie gooi smaak alles sommer vorentoe.


No comments :

Post a Comment