Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/04/2008

Hoender met wortels en uie / Chicken with Carrots and Onions

'n Tipies Italiaanse hoendergereg.

'n heel hoender van 1 kg
25 g botter
500 g wortels, in skywe gesny
300 g klein uie
350 ml witwyn
sout
peper

Sout en peper die binnekant van die hoender.
Smelt die botter in 'n pot en braai die hoender bruin aan alle kante.
Voeg die uie en wortels by en kook terwyl jy roer vir 10 minute.
Gooi die wyn by en kook oor lae hitte vir een uur.
Kyk dat sout en peper reg is.

(bedien 4)

No comments :

Post a Comment