Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/04/2008

Ingelegde vis / Canned Fish

Vir wanneer jy nie tyd het om die vis in te lê nie, maar na die smaak verlang.

BESTANDDELE
10 klein uie, skoongemaak
20 ml mosterdsaad
10 ml gemmersmeer
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
3 rissies, die saad verwyder en fyn opgesny
400 g geelbek
sout
peper
20 ml borrie
250 ml bruinasyn
olyfolie

STAPPE
Verhit die olie en braai die uie, mosterd, gemmer, knoffel en rissies saam vir 4 minute.
Sout en peper die vis en braai dit in olie tot gaar.
Voeg nou die uiemengsel en borrie by die vis en braai vir 4 minute.
Voeg die asyn by en laat prut vir 'n verdere 4 minute.

(die resep bedien 4 persone)

No comments :

Post a Comment