Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/04/2008

Ingelegde vis / Canned Fish

Vir wanneer jy nie tyd het om die vis in te lê nie, maar na die smaak verlang.

10 klein uie, skoongemaak
20 ml mosterdsaad
10 ml gemmersmeer
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
3 rissies, die saad verwyder en fyn opgesny
400 g geelbek
sout
peper
20 ml borrie
250 ml bruinasyn
olyfolie
Verhit die olie en braai die uie, mosterd, gemmer, knoffel en rissies saam vir 4 minute.
Sout en peper die vis en braai dit in olie tot gaar.
Voeg nou die uiemengsel en borrie by die vis en braai vir 4 minute.
Voeg die asyn by en laat prut vir 'n verdere 4 minute.

(die resep bedien 4 persone)

No comments :

Post a Comment