Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/04/2008

Romeinse lam / Roman Lamb

'n Tipies Italiaanse skaapgereg.

'n Skaapboud van so een kg. Vra die slagter om dit vir jou in stukke te kap.
60 ml olyfolie
drie takkies roosmaryn
vier salieblaartjies, gekap
een knoffelhuisie, gekap
175 ml witwyn
100 ml witwynasyn
vier aartappels, geskil en in skywe gesny
meel
sout
peper

Besprinkel die stukke boud met meel.
Verhit die olie en braai die stukke vleis tot dit mooi bruin is, so vir 10 minute.
Bring die sout en peper nader, asook die knoffel, salie en roosmary. Sorg dat dit goed vermeng is met die vleis.
Die wyn en asyn word nou bygevoeg en dan kook jy alles saam tot daar net 'n bietjie vloeistof oor is.
Die hele spulletjie plus 150 ml kookwater en die aartappels gaan nou na die oond toe wat jy verhit het tot 180°C. Bedek en los vir 30 minute of tot sag.
Bedien sodra dit uit die oond kom.

bydrae: Alida Burger

No comments :

Post a Comment