Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/13/2008

Kaapse Maleiers en hulle kos

Hierdie artikel is die uitvloeisel nadat ek die boek getiteld The Culture and Cuisine of the Cape Malays deur Cass Abrahams gelees het. Dit is nie net ´n kookboek nie, maar ´n boek wat kultuur ook vir ons beskryf.

Kos speel ´n belangrike rol in die Maleisiese gemeenskap en dit staan sentraal in hulle geloof en familie feeste. Wanneer ´n Maleier mense uitnooi vir ´n ete sal hy niyyat uitspreek. Op die feeste kan mense dan van die kos in servette toedraai en huistoe neem.

Anders as ons Westerlinge beskou hulle dit nie as ongeskik as mense dit doen nie. Volgens hulle tradisie behoort die kos nie aan die gasheer nie maar aan die gaste. Hulle sê dit nie maar ek dink hulle sal dit as ´n kompliment sien wanneer ´n gas van hulle kos huistoe neem.

Hier volg ´n paar wenke uit die boek oor hoe om die perfekte bredie to kook.

· Die beste vleis om te gebruik is lam robbetjies wat in 2 cm stukke gesny is.
· Verbruin die vleis saam met die uie en speserye voordat groente bygevoeg word.
· Groente moet altyd gekap of gesny word en rou bygevoeg word.
· Moet nie die vleis kook in water of vleissous nie want dit maak die vleis taai.
· Hou die temperatuur konstant, medium hitte, sodat die bredie vir ´n paar uur kan staan en kook.
· Moet nie vloeistof bygooi nie, want die sous van die groente is genoegsaam.
· Bedien bredies saam met rys. (EK ken ´n paar mense wat nie sal skroom om bredie en pap saam te eet nie).
· Nog iets wat ek gesien het in hulle bredie resepte is dat hulle die uie, peper korrels en knoffel eers kook in sowat 250 ml water. Die mengsel moet kook totdat al die water opgekook is en dan word olie bygevoeg en dit gebraai.

Bredies word almal op dieselfde basiese manier gemaak. Dit is egter die verskillende speserye wat die smaak verander. Bredies moet ook liefs eers ´n dag nadat hulle gemaak is bedien word. So kan die smake dan goed met mekaar trou. Bredies wat op ´n oop vuur gemaak word smaak nog die beste. Dit noem ons potjiekos.

Ek plaas nie sommer resepte in my bydraes maar hier gaan ek ´n uitsondering maak. Hierdie resep het my oog gevang.

Vinnige visserrie

1 Groot ui gesny
1 e Olie
5 huisies knoffel
1 Groen Chillies
2 Groot Tamaties gekap
1 t elk Masala, Komein en Koljander
2 ml Borrie
3 Klein blikkies sardientjies in olie, gedreineer
6 Hardgekookte eiers gehalveer
25 ml Vars gekapte koljander

Braai uie in olie tot sag.
Maak rissie en knoffel fyn en voeg by die uie.
Voeg tamaties en speserye by uiemengsel.
Prut vir 10 minute totdat sous dik word.
Voeg sardientjies en eiers versigtig by.
Skep van die sous oor die sardientjies en eiers.
Sprinkel Koljander blare oor en bedien met rys.

- deur Frik Lombard

3 comments :

  1. wees meer pisifiek en leer om te spel

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/8/22 18:00

      Man jy spel nie eers reg nie

      Delete
  2. Ek is op soek na die Afrikaanse weergawe: "Kaapse MaLeier Kookkuns" deur Faldela Williams
    Selfde Boekomslag as bogenoemde: "The Cape Malay Cookbook" deur Faldela Williams
    Kan u help en wat prys dit?

    ReplyDelete