Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/04/2008

Murgpampoentjie en brie sop / Baby Marrow and Brie Soup

Heilsaam en heerlik.

15 ml botter
15 ml olyfolie
2 uie, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 prei, fyn gekap
15 ml vars tiemie, fyn gekap
20 ml meel
1,5 kg murgpampoentjies, gekap
750 ml groente-aftreksel
125 ml room
100 g brie
10 basiliekruid blare, fyn opgeskeur
sout en peper

Verhit die botter en olie saam en braai die uie, knoffel, prei en tiemie saam tot die uie sag is.
Roer die meel en murgpampoentjies by.
Kook vir 2 minute.
Roer die aftreksel by en bring tot kookpunt.
Prut vir 15 minute.
Maak alles in 'n voedselverwerker fyn.
Gooi die sop terug in die pot en voeg die brie en basiliekruid by. Proe vir sout en peper en roer oor medium hitte tot dit lekker warm is.
Bedien dadelik.

(bedien 4 persone)

No comments :

Post a Comment