Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/05/2008

Suurdeegrogbrood / Yeast Rye Bread

(maak 2 brode)

210 ml koue water
250 g witbroodmeel
60 g onverfynde rogmeel
60 g suurdeegbeginnerkoringmeel (vra by 'n bakkery)
60 g suurdeegbeginnerrogmeel (vra by 'n bakkery)
2 g mout
'n knypie sout

Meng al die bestanddele saam in jou menger. Nie vir baie lank nie, net tot dit goed gemeng is.
Haal uit en knie vir 10 minute.
Bedek dit met ’n klam lap en laat dit rys vir so 2 ure.
Knie die deeg weer en laat dit vir 1 een uur rys.
Verdeel die deeg in 2 ovaalvormige stukke. Sit elke bol op 'n bakplaat, bedek met 'n teedoek en laat vir 2 ure rys.
Plaas dit nou in die yskas vir 20 ure.
Haal uit die yskas en los vir 2 ure by kamertemperatuur.
Sny kepe in die deeg en sit dit saam met ’n bakkie vol water in die oond by 200°C.
Bak tot gaar, ongeveer 40 minute.

Resep: Ina Visagie

No comments :

Post a Comment