Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/04/2008

Salm, ertjie en sampioen risotto / Salmon, pea and mushroom risotto

Winterkos om jou tone te laat omkrul.

1 liter groenteaftreksel
250 ml witwyn
80 ml olyfolie
1 ui, fyn opgekap
500 ml risotto rys
1 blikkie ertjies
1 blikkie salm
1 blikkie geroomde sampioene
100 g geroosterde kasjoeneute
100 g gerasperde Parmesan
50 g botter
varsgemaalde swartpeper
sout

Verhit die aftreksel en wyn saam eenkant.
In 'n groot pot verhit jy die olyfolie en braai dan die uie tot deurskynend. Voeg die rys by en roer tot die omhulsel deurskynend raak. Voeg nou die aftrekselmengsel 'n halwe koppie op 'n slag by. Roer tot geabsorbeer en dan weer die volgende koppie. Hou aan tot alles geabsorbeer is, so 25 minute lank.
Voeg nou die ertjies, salm, sampioene en kasjoeneute by. Roer versigtig om te kombineer.
Verwyder van die hitte, roer die Parmesan en botter by, sout en peper en laat vir 5 minute staan voor opdiening.

(bedien 4)

No comments :

Post a Comment