Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/06/2008

Zinfandel

´n Grote in California. Het waarskynlik op ´n eiland aan die Kroatiese kus onstaan en is dieselfde as Primitivo in die Suide van Italië. Italië het egter nog nie sulke wyne van Primotivo gelewer soos die groot volronde speserygegeurde Zinfandels uit Kalifornië nie. Kyk ook uit vir wyne van die druif uit Australië.

Mite: Zinfandel is ´n wit druif
Nie waar nie, Zinfandel is ´n rooi druif wat deur sekere wynmakers ontdop is, toe daar ´n aanvraag na wit druiwe ontstaan het, om ´n ligter, pienker en soeter wyn te maak wat veral gemik is op "nuwe" wyndrinkers. In Suid-Afrika begin Zinfandel meer geredelik op eie bene te staan. Belangstellendes kan Hartenberg probeer vir ´n illustrasie van waartoe die druif in staat is.

- Kris-Jan Alleman

No comments :

Post a Comment