Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/18/2008

Aartappels

Wanneer ons die gevreesde woord hoor dan dink ons net stysel en vet. Maar daar steek meer in ´n aartappel as wat ons dink.

Aartappels is seker een van die groentes wat ´n mens die meeste mee kan doen. Dink maar aan Simba skyfies, slap tjips, kapokaartappels, gekook en gebraai.


´n Gemiddelde aartappel bevat 45% van ´n mens se daaglikse vitamien C behoeftes. 21% van ´n mens se daaglikse Potassium behoeftes en 3 gram vesel en slegs 100 kalorieë. Die aartappel bevat ook geen vet nie. Daar is ook bereken dat jy 11kg aartappels sal moet eet om 1kg gewig aan te sit.

Aartappels is die eerste keer deur Inca-indiane gekweek in Peru sowat 200vc. Toe die Spanjaarde in 1536 Peru oorneem het hulle aartappels teruggeneem Spanje toe en vandaar af het die aartappels versprei oor die hele wêreld. Dit is nie net op die planeet waar aartappels beroemd is nie, maar ook in die ruimte. Daar is in Oktober 1995, ´n aartappel in die ruimte gekweek deur NASA. Dit is die eerste groente wat suksesvol in die ruimte gekweek is.

Die Incas het nie net die aartappels geëet nie maar hulle het ook ander gebruike vir aartappels gehad. Soos hulle in baie TV Programme sê "Don´t try this at home".
· Rou skywe aartappel skywe word op gebreekte bene geplaas om die aangroei proses te verhaas.
· Hulle het ook aartappels saam met hulle gedra om rumatiek te voorkom.
· Dit is ook gebruik om tyd mee te meet. Eenhede van tyd is bepaal deur te kyk hoe lank kook aartappels.

Dit is nie net die Incas wat snaakse dinge gedoen het met aartappels nie. ´n Fransman genaamd Louis Lumiere het mikroskopies gedeeltes van die aartappels geneem en op glas plate gesmeer om autochromes te maak. Die plate is dan gebruik in fotografie.

Hier volg nou ´n paar boererate met die gebruik van aartappels:
· Was jou gesig daagliks met aartappelssap om ontslae te raak van al die puisies op jou gesig.
· Gerasperde aartappels moet gesit word op plekke waar jy sonbrand het om die seer van die sonbrand te verlig.
· Om tandpyn te verlig dra ´n aartappel in jou sak. Om ´n seerkeel gesond te kry, sit ´n gebakte aartappel in ´n kous en draai die kous om jou nek.
· Om liggaamspyne te verlig kook aartappels en gebruik dan die water om op die seer plekke te smeer.

Van die aartappeldisse wat ons vandag geniet is per toeval ontdek. ´n Spoorwegmagnaat C Vanderbilt het in die Saratoga Springs gaan vakansie hou. Hy het een aand sy bord kos teruggestuur en gekla dat die aartappels te dik is. Die Chef George Crum neem toe ´n aartappel of twee en sny hulle in papierdun en braai dit in olie. Hy gooi toe sout daaroor en neem Vanderbilt se kos terug na hom toe. Almal was verbaas toe hy hou van sy Saratoga Crunch Chips.

Die Saratoga Crunch Chips het gou posgevat en oor die hele wêreld versprei. Die heerlike gereg is beter bekend by ons as skyfies soos wat Simba maak en versprei.

Maak nie saak wat mens van ´n aartappel dink nie dit bly ´n wonderlike groente. Ek kan nog onthou dat my ouma brood gebak het en aartappelsuurdeeg gebruik het. Sy het altyd gepraat van die aartappelplantjie. As een van julle nog ´n aartappelsuurdeegresep het sal ek dit waardeer indien u dit vir my kan aanstuur.

- deur Frik Lombard

1 comment :

  1. Ek wil net graag weet wat is die proses om aartapples te blansjeer
    Baie dankie
    groete

    ReplyDelete