Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/17/2008

Pao Doce

'n Soet Portugese brood.

1 ½ eetlepels suiker
2 pakkies gis
¼ koppie louwarm aartappelwater (water waarin aartappels gekook is)
½ koppie fyngemaakte aartappel
¼ teelepel fyngerasperde gemmer
¼ koppie melk (gekook en afgekoel)
1 teelepel sout
3 eiers
¾ koppie + nog twee eetlepels suiker
¼ koppie botter, gesmelt
4 koppies meel

Voeg die 1 ½ eetlepels suiker en die gis by die aartappelwater. Roer tot opgelos. Meng die aartappel en gemmer. Sit eenkant en laat rys tot dit dubbel die grootte is (vyf tot tien minute). Klits die eiers en voeg die oorblywende suiker geleidelik by. Gooi die afgekoelde botter by. Meng nou die gis- en eiermengsels. Roer een koppie meel by. Voeg die melk by en klop. Voeg nog een koppie meel by. Klop vir vyf minute. Voeg die res van die deeg geleidelik by en begin knie wanneer dit deeg begin vorm. Knie vir 10 minute. Plaas die deeg in 'n geoliede houer en laat rys. Deel in twee. Vorm ronde brode en plaas op 'n geoliede pan of in 'n broodpan en laat nog rys.
Verf met geklitste eier.
Bak vir 40 minute tot bruin.

No comments :

Post a Comment