Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/17/2008

Aartappelsop / Potato Soup

Hierdie is 'n resep vir aartappelsop met room.

8 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny (Kook op en mash die laaste stukkies tot fyn)
Voeg by:
sout en peper na smaak
500 ml room
1 pakkie sampioensop (Dik groentesop / Hoendersop of wit uiesop kan ook gebruik word)
500 g seldery (sprietuie / ertjies of enige groen groente)
4 eetlepels maizina om te verdik.

Kook vir 10 minute en geniet dit.

Hierdie resep kan ook met rooi en geel groente gemaak word. Dit is altyd heerlik op 'n koue dag en is baie vullend.

resep: Annalize Oosthuizen

Resep 2

500 ml groente aftreksel
1 soetrissie, gekap
4 wortels, geskil en in skyfies gesny
2 selderystingels, gekap
5 ml paprika
1 kg aartappels, in blokkies gesny
vars pietersielie, gekap

Kook alles saam tot wortels en aartappels sag is. Geur met sout en peper na smaak. Laat effe afkoel en meng in versapper tot glad. Gooi terug in kastrol.

Opsioneel: Sny 2 frankfurters in stukkies, voeg by en laat opwarm.


resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment