Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/17/2008

Baklawa-stafies / Baklava

1 ½ koppie fyn gekapte okkerneute
½ koppie fyn gekapte gepelde amandels
¼ koppie strooisuiker
1 teelepel gemaalde kaneel
½ gemaalde naeltjies
10 bladsy filodeeg
150 g ongesoute botter
1 teelepel fyn gekapte amandels, ekstra
½ teelepel kaneel, ekstra
Stroop:
1 suurlemoen (so ½ van die suurlemoenskil)
1 koppie strooisuiker
1 koppie water
1 kaneelstokkie
2 naeltjies

Meng die neute, suiker en spesery in 'n bak. Sny een van die filodeeg bladsye van noord tot suid (as die noord bo aan die bladsy is en suid onder aan die bladsy is) in drie eweredige snitte. Gebruik 'n kwassie om elkeen van die gesnyde reghoeke met botter te verf. Gebruik 'n lepel en skep 'n lepel vol op elke reghoek, reg op die onderpunt van die reghoek. Los so 3.5cm kant aan albei kante van die neute. Vou in albei kante verf met botter en rol op die filo deeg tot 'n stafie gevorm is. Dit lyk soos 'n opgerolde sigaar dan. Herhaal die proses met die res van die filodeeg bladsye, neute en geverfde botter. Plaas die op gerolde stafies langs mekaar in 'n gesmeerde plat pannetjie. Verf die voltooide stafies wat in die plat pannetjie geplaas is met botter. Bak vir so 12 minute of tot hulle goudbruin is. Laat hulle afkoel in die pannetjie. In 'n aparte pot meng suiker en water oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Sodra die suiker opgelos is voeg die helfte van die suurlemoenskil, kaneel en naeltjies by en kook saggies vir so twee minute. Verkoel net 'n bietjie. Gooi die warm stroop oor die stafies, verkoel tot kamertemperatuur en gooi dan die ekstra amandels en ekstra kaneel oor. Bêre in 'n lugdigte houer, anders is die miere orals.

resep: Grietjie

No comments :

Post a Comment