Die oorsprong van die sous is so donker soos die sous self. Sy latere geskiedenis kan gespoor word maar nie die vroeëre geskiedenis is onbekend.
In 1835 het Heer Marcus Sandy, ´n voormalige goewerneur van Bengal, ´n resep na twee aptekers, Lea en Perrins van Worcestershire in Engeland, geneem. Dit was ´n vissous resep gewees wat hy baie van gehou het en wat hy saamgebring het uit Indië. Hulle het die resep aangemaak in ´n groot hoeveelheid en die Heer was nogal ingenome met sy sous. Hy het slegs ´n klein hoeveelheid van die sous geneem. Die twee aptekers was nie ingenome met die sous nie aangesien volgens hulle was die sous nie die kool werd nie.
Die twee aptekers het toe die sous in houers gesit en in hul stoorkamer gaan bêre. Na twee jaar besluit hulle om die apteek skoon te maak en al die ou goed weg te gooi. In die stoorkamer kom hulle toe af op die sous wat hulle aangemaak het. Hulle nuuskierigheid kry toe die oorhand en hulle maak een van die houers oop en proe daaraan. Tot hulle verbasing proe die sous toe heerlik nadat dit verouder het.
Hulle gaan toe na Heer Sandy en koop die regte van die sous by hom. Hulle noem toe die sous Lea en Perrins Oorspronklike Worcestershire Sous, natuurlik vernoem na hul tuisdorp.
Die bestanddele van die sous bestaan uit moutasyn, asyn, suiker, soyasous, molasse, tamarind, uie, anchovies, gemmer, rissies, knoffel, neutmuskaat, naeltjies en karmadon. Daar is natuurlik ook een of twee geheime bestanddele in die sous. Slegs die bogenoemde bestanddele word op die bottel weergee.
Die volle resep is al vir 160 jaar lank slegs bekend aan ´n paar mense. Menere Lea en Perrins het die resep oorgedra aan hul seuns. Hulle seuns het weer die resep oorgedra na ´n paar mense toe. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is daar besluit dat geen een mens meer die hele resep sal weet nie. Die resep is opgebreek en kode name is gegee aan bestanddele. Vandag is dit nog steeds so en niemand weet wat kom in die resep nie.
Eers word die engelse uie & franse knoffel liggies gekneus. Dit word dan in vate met moutasyn verouderd. Wanneer dit genoegsaam verouderd het word dit dan na groot vate oorgeplaas waar Spaanse gesoute anchovies, speserye van Calcutta, rooi rissies van China, molasse van die Caribbean en naeltjies van Madagaskar af.
So word die sous geroer en gemeng totdat dit perfek is. Hierna word die sous gebottel en verskeep regoor die wêreld. Die eerste en oorspronklike Worchestershiresous. Hierdie is nou werklik ´n internasionale sous.
Behalwe dat dit ´n heerlike sous is oor jou vleis word dit ook nog gebruik as deel van slaaisouse. Vir my doen die sous wondere op macaroni en kaas. Na die meer bisarre kant toe is daar mense wat koperware met Worchestershiresous skoonmaak. Volgens hulle kry mens nie beter nie. Daar is ook mense wat beweer dat as die sous in jou kopvel ingevryf word dan stimuleer dit jou hare se groei.
Natuurlik is Worchestershire-sous ook ´n hoofbestanddeel vir die kuur na ´n lang en vermoeiende drinksessie. Gooi net die wondersous in tamatiesap en sluk af. Werk blykbaar wonderlik.
Dan kan die sous ook gebruik word as ´n marinade. Gooi ´n hele hoeveelheid in ´n bak. Plaas jou vleis daarin vir 2 ure, keer die vleis om en marineer nog vir ´n verdere twee ure. Jou vleis sal dan heerlik sag wees.
Wat kan daardie geheime bestanddeel wees? Ongelukkig weet ek nie, maar tot ons eendag uitvind geniet ons maar die sous.
-deur Frik Lombard
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment