Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/09/2008

Asyn

deur Frik Lombard

Die Franse noem dit vinaigre - suur wyn. Dit is hoe asyn per ongeluk ontdek is. Die maak van asyn is ´n eenvoudige proses. Eerstens word natuurlike suiker met die byvoeging van gis verander na alkohol. Daarna is Acetobacter bakterieë verantwoordelik vir die verandering van die alkohol na suur. Hierdie tweede fermentasie proses vorm die asyn.

Deur die eeue heen is asyn gemaak van die molasse, sorghum, vrugte, heuning, bier, stroop, aartappels, beet, malt en graan. Die proses van twee fermentasie bly presies dieselfde. Eers van suiker na alkohol en dan van alkohol na asyn.

Daar is verskillende tipes asyn wat ons vandag gebruik en elke tipe het sy eie storie. Balsamiese asyn word gemaak deur die druif te kook en dan gaan dit deur ´n natuurlike fermentasie proses deur die asyn in verskillende vate van verskillende hout te plaas. Daar word geen ander kruie of spesery bygevoeg nie.

Met die maak van mout asyn word die stysel eers verander na suiker en daarna gefermenteer.

Rooi- en witwyn asyn word gemaak van geselekteerde rooi- en witwyne wat dan ´n tweede keer gefermenteer word. Die asyne neem gewoonlik so ´n bietjie van die smaak en geur van die wyn aan.

Dan kry mens ook ryswyn. Wat ryswyn uniek maak is dat dit ´n redelike sagte smaak het en dat dit gegeur kan word met kruie en speserye.

Daar is ook nog appel asyn wat vir verskeie redes in ons huis is.

Deur die eeue is asyn gebruik vir baie dinge. Die Babiloniërs het asyn gebruik om kos in te preserveer. Roomse legioene het asyn gedrink as ´n verfrissings drankie. Tot Cleopatra het al ´n weddenskap oor asyn gewen. Sy het blykbaar iemand gewed dat sy ´n fortuin kan uitdrink saam met ´n ete. Wat sy toe gedoen het was om pêrels in asyn op te los en toe te drink. Sy het die weddenskap gewen.

Hippokrates het asyn se medisinale waarde ook raakgesien en in die Bybelse tye is asyn ook gebruik vir helende eienskappe. Toe Hannibal oor die Alpe getrek het, het hy vuur om die rotse wat in sy pad is, gemaak. As die rotse dan baie warm is het hy asyn op die rotse gegooi. Dit het veroorsaak dat die rotse kraak en verkrummel.

Asyn kan omtrent vir ewig hou. Aangesien asyn suur is, is dit selfpreseverend en dit het ook nie verkoeling nodig nie. Gekleurde asyn kan miskien sy kleur begin verloor maar nie sy smaak nie. Probeer gerus om verskillende tipes asyne in die huis aan te hou en begin eksperimenteer met die verskillende smake. U kan dalk verras word.

Asyn kan aangewend word vir omtrent enige iets, van skoonmaak tot medisyne.

Om te toets of jy die regte multi-vitamines drink moet jy net die vitamien pil in ´n halwe koppie asyn gooi. Indien die pil oplos in 20 minute kan jy maar aanhou om die vitamine te gebruik. Indien dit langer as 20 minute neem kan jy maar ´n ander vitamine gaan soek om te gebruik want dan sal die vitamiene nie sy werk behoorlik doen as jy dit drink nie.

Ek het op letterlik honderde gebruike vir asyn afgekom en ek geen net die mees interessantes hier mee.

· Spoel jou hare af met asyn nadat jy dit gewas het. Die asyn neutraliseer die alkalie wat die sjampoe agter laat.
· Gooi asyn in water om vensters mee skoon te maak.
· Maak jou eie lugverfrisser deur 1 teelepel bakpoeier, 1 eetlepel asyn en twee koppies water te meng. Wanner dit klaar geskuim het gooi in ´n spuit bottel en gebruik.
· Om gras-, tee-, koffie- en vrugte vlekke uit klere te kry week net die klere in volstrekte asyn.
· Gooi warm asyn op gras en bossies wat deur die stene kom. Binne ´n paar dae vrek die gras en bossies en sal nie weer binne ´n paar maande hulle verskyning maak nie.
· Om gewig te verloor drink ´n glas lou water, voor elke ete, waarin een teelepel appel asyn en een teelepel heuning in opgelos is.
· Gooi so ´n paar eetlepels asyn by jou marinade om die marinade meer effektief te laat werk.
· Gooi wit asyn in jou skottelgoed water, dit sal jou skottelgoed laat blink.
· Om koper skoon te kry maak ´n pasta van sout en asyn, vryf oor die koper en vee af.
· Hierdie een moet met omsigtigheid probeer word. Indien jy allergies is vir seekos, doop die seekos in asyn en eet. Jy sal geen allergiese reaksie kry nie.
· Gooi ´n eetlepel asyn in water waarin vleis gekook word. Die vleis sal so sag word dit sal van die been afval.
· Vir sonbrand doop ´n handdoek in asyn en water en lê oor die brandplekke. Slaap so met die handdoek.
· Om weer oemf in ´n seer lyf te kry gooi 2 koppies appelasyn in die badwater.
· Drink ´n lepel of twee asyn per dag en die muskiete sal nie naby aan jou kom nie.
· Een teelepel heuning plus een tepel appelasyn is goed vir rumatiek.
· Indien jou motor in die winter buite moet staan maar ´n mengsel van 3 dele asyn en een deel water. Was dan die venster met die kombinasie. Dit sal voorkom dat ys en ryp op die venster saampak.

Daar is nog honderde sulke rate. Van dit het ek al probeer en dit werk. Omdat mens met ´n natuurlike produk sit kan dit nie skade aan doen om te probeer nie.

No comments :

Post a Comment