Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/07/2008

Pampoenkoek

3 koppies gaar fyn pampoen
2 koppies koekmeel
1 1/2 teelepel bakpoeier
1/2 teelepel sout
2 eiers
1/2 koppie kookolie of 1 kop gesmelte margarine
1/2 koppie melk of karringmelk
1 teelepel vanielje
1/2 koppie bruinsuiker
1 teelepel fynkaneel

Sif die droë bestanddele saam.
Meng eiers en melk saam en roer by meelmengsel.
Voeg vanielje by en laaste die olie of margarine.
Meng goed, giet in gesmeerde oondpan, strooi bietjie fyn kaneel oor. Bak vir +- 45 min by 180 grade of tot toetspen skoon uitkom.

Geniet net so of met vla of sny in snytjies soos brood en smeer margarine oor.


resep: Hester

No comments :

Post a Comment