Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/17/2008

Dhaltjies

3 koppies kekerertjiemeel
1 koppie bruismeel
1 teelepel sout
1 teelepel borrie
2 teeleppels komyn
½ teelepel brand rissie poeier
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel fyn gekapte knoffel
1 teelepel marsala
2 fyn gekapte uie
2 fyn gekapte groen rissies
1 eier
½ bossie spinasie, fyn gekap
Olie om die dhaltjies in te braai
Net genoeg water om die mengsel aan mekaar te laat bind.

Meng al die droë bestanddele, spesery en spinasie saam. Voeg die eiers en water by. Maak seker dat net genoeg water by gevoeg sodat jy mengsel sonder klonte het. Laat die mengsel vir so 30 minute staan. Verhit die olie . Gebruik 'n opskeplepel en sit so drie tot vier lepeltjies van die mengsel in die braaipan. Diepbraai die dhaltjies tot hulle goud bruin is. Dreineer die dhaltjies. Bedien warm met 'n soet rissiesous.


resep: Grietjie

No comments :

Post a Comment