Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/16/2008

Beesbredie met kluitjies / Beef Stew with Dumplings

Hierdie resep is in antwoord op 'n vraag van Petro van Perth.

Pas hierdie resep aan vir jou gunsteling vleis of om 'n potjie mee te maak.

1 kg beesskenkel
50 g meelblom
60 ml botter
30 ml tamatiepasta
2 uie, gekap
250 ml vleisaftreksel
250 ml rooi wyn
10 ml vars tiemie, gekap
2 lourierblare
4 wortels, in ringe gesny
2 selderystingels, gekap

Rol vleis in meel en braai bruin in kastrol met 15 ml botter. Verlaag hitte en skep vleis uit kastrol. Braai uie in botter sag en sit vleis terug. Voeg by lourierblare, tamatiepasta, wyn en aftrekse. Laat prut vir 1 uur.

Kluitjies:
250 g bruismeel
10 ml mosterdpoeier
125 ml botter,br /> 250 ml karringmelk
1 ui fyngekap
Sif droë bestandele saam vryf botter in. Meng uie en karringmelk by en voeg by meelmengsel. Dit moet 'n stywe deeg vorm. Roer die wortels en seldery by bredie. Skep kluitjies bo-op, bedek en laat vir 50 minute stadig prut sonder om deksel te lig.

Resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment