Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/16/2008

Ertjieslaai / Pea Salad

1 pak gevriesde ertjies
2 groen soetrissies, in stukke gekerf
1 houer Feta
1 medium blaarslaai, in stukke gebreek
1 blok cheddar, gerasper
3 pakkies spek, gebraai
Sout & peper
1 blik kondensmelk
1 houer Mayonnaisse

Meng die kondensmelk met mayo en laat staan.
Pak in 'n groot deurskynende glas slaaibak, alles in lae. Begin by ertjies, onthou die sout en peper vir smaak. Laaste gooi mayo en kondensmelk mix bo-oor en laat staan vir 1 uur, plaas dan in yskas vir verdere 2-3 ure/ tot sous goed deurgeloop het en geniet!

Resep: Karina Jordaan

Resep 2

1 blik ertjies
250 g gebraaide spek
2 uie fyn gekap en gebraai
6 hardgekookte eiers in ringe gesny
1 pak bacon kips fyngemaak
mayonnaise

Meng alles behalwe die bacon kips saam. Meng die Bacon kips by net voor opdienning.

Resep: Rika Hippert

No comments :

Post a Comment