Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/17/2008

Bruinpoeding / Brown Pudding

375 ml meelblom
250 ml suiker
250 ml melk
25 ml appelkooskonfyt
1 ml sout
125 g margarien
5 ml koeksoda
5 ml gemmer
1 eier

Room botter en suiker. Klits eier en konfyt by. Gooi koeksoda by melk. Voeg droë bestandele by mengsel en maak slap deeg aan met melk.

Stroop: 250 ml suiker
500 ml water
5 ml vanielje geursel

Kook stroop. Gooi stroop in bakskottel en voeg deeg lepelsgewys by.
Resep: Petro van der Westhuizen

Resep 2

2 koppies bruinsuiker
2 koppies koekmeelblom
4 koppies water
1 koppie witsuiker
½ koppie melk
½ koppie margarien
4 eetlepels margarine
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels kaneel

Verhit die oond 175 ºC. Meng die bruinsuiker, water en vier eetlepels margarine in 'n pot en bring tot kookpunt oor matige hitte. Meng die witsuiker en ½ koppie margarine met 'n elektriese klitser. In 'n aparte bak sif die droë bestandele: koekmeelblom, bakpoeier en kaneel. Voeg die meel mengsel by die geklitste witsuiker en bottermengsel en voeg die melk geleidelik by. Gooi die kookende bruinsuiker mengsel in 'n 23 cm x 33 cm pannetjie. Skep dan die gekombineerde meel en witsuiker-mengsel lepel vir lepel oor die kookende bruinsuikermengsel. Bak vir 25 minute.


No comments :

Post a Comment