Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/04/2008

Caesar-slaai / Caesar Salad / Keiser-slaai


Frik Lombard

Hierdie slaai was nie Julius Caesar se gunsteling slaai gewees nie. Die oorsprong van die slaai is nie eers naby aan Rome gewees nie. Die geboorteplek van die slaai is in Tijuana, ´n klein dorpie in Mexico.

Wanneer mens in die Avenida Revolucion wandel is dit ´n lelike buurt waar mens nie eintlik gesien wil wees nie. Caesar's Sports Bar & Family Grill Restaurant is ´n half donker plek in die ou verslete Hotel Caesar. Die restaurant bestaan uit ses halfmaantafels en ´n lang kroegtoonbank. In 1924 is die beroemde slaai die eerste keer in die restaurant gemaak.

Die storie van die slaai begin met Alex Cardini ´n Italiaanse vlieënier wat in Tijuana gewoon het. Hy was die eienaar van die restaurant. Eendag kom daar van sy mede-vlieëniers daar aan wat lus was vir iets om aan te peusel. Daar was nou juis nie baie kos voorraad gewees in daardie tyd nie aangesien Mexico Stad baie ver van Tijuana is.

´n Tannie van Alex Cardini wat in die kombuis gewerk het, het maar met die voorraad wat sy gehad het die slaai gemaak. Wat is in die slaai wat so beroemd geraak het?

8 ansjovis filette
2 klein Suurlemoene
1 tot 2 eetlepels Knoffel
2 eetlepels olyf olie
2 eetlepels rooiwyn asyn
1 eetlepel Worcestersous
3 eiers sag gekook
4 teelepels mosterd
5 tot 6 eetlepels gerasperde Parmesaan kaas
1 koppie Croutons
3 klein Slaaiblare
Vars peper na smaak.
Neem die anchovies, sap van die twee suurlemoene en knoffel en maak tot ´n pasta met ´n vurk. ´n Voedsel verwerker sal hier handig te pas kom.

Meng nou olie, asyn, eiers, mosterd, worchestershiresous en kaas by die pasta.

Meng nou die croutons en gesnyde slaaiblare by.

Hierdie slaai sal met al die verskillende smake ´n wenner wees by enige ete.

No comments :

Post a Comment